WERKSWINKEL VIR PREDIKANTE
(50 VBO-KREDIETE)
Cizelle Louw (Kliniese Sielkundige) bied werkswinkels aan vir predikante en beraders in KORTTERMYN INTERAKTIEWE BEGELEIDING waarin hulle opgelei word om binne ‘n gemiddeld van 3 tot 4 gesprekke ‘n noemenswaardige verskil te kan maak in iemand in nood se lewe. Daar is wereldwyd ‘n groot behoefte aan korttermyn terapie/begeleiding – dit pas mense se beursies en dagboeke net soveel beter – en daar is boonop gevind dat dit net so suksesvol is as langtermyn terapie. In die geval van predikante kom daar nog addisionele voordele ter sprake. ‘n Predikant is dikwels die enigste dominee in ‘n gemeente en as hy langtermyn hulpverlening doen, kan hy dalk ander areas van sy bediening (en ander gemeentelede) afskeep. Hy kan homself ook so oorlaai met verpligtinge, dat hy uiteindelik emosioneel uitbrand. Verder is predikante dikwels in ‘n posisie waar hulle net een, miskien twee, gesprekke met iemand het, want baie mense gee ‘n dominee (en dikwels ook ‘n sielkundige!) net een kans. Daarom is dit van die grootste belang dat ons moet weet hoe om elke gesprek so te hanteer dat dit ‘n langtermyn positiewe verskil kan maak al word dit dalk ons enigste kontak met die persoon.
Aantal persone:
Minimum van 12 en ‘n maksimum van 15.
Toelatingsvereistes:
Opleiding as predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, in die Nederduitsch Hervormde Kerk, of ‘n berader met opleiding van ‘n erkende instansie.
Ander vereistes:
Om die 50 krediete te verwerf, moet daar oor 4 dae 36 werkswinkelure bygewoon word. Daar moet ook skriftelike en praktiese werksopdragte (nog 14 ure) binne die onderskeie sperdatums voltooi word. Hierdie werkswinkel voorsien aan ‘n predikant sy hele jaar se krediete.
Eerste werkswinkel:
September 2019 (Stuur ‘n boodskap by CONTACT sodat jou naam op die lys kan kom van belangstellendes en jy kennis kan kry van die presiese datum en die koste.)
Cizelle Louw
KLINIESE SIELKUNDIGE
M.A. Klin. Sielk (Stell)
PS 0026964/Pr Nr 8616825
cizelle@lantic.net

© Copyright 2019