Professor Carol Ryff van die Universiteit van Wisconsin se sielkunde departement, het
navorsing gedoen oor die hele kwessie van sogenaamde “wellbeing” en gevind dit het
te doen met die erkenning dat positiewe en negatiewe emosies deel is van elke mens se lewe. Dit
het ook daarmee te doen dat jy jou potensiaal verwesenlik; dat jy betekenis
vind in jou lewe en lewenslus ervaar. Dit gebeur maklik dat gesondheid gemeet
word aan die afwesigheid van 'n psigiatriese siekte en nie aan die
aanwesigheid van emosionele welstand nie. Indien emosionele welstand egter
kortkom, is iemand weerloos in die geval van teenspoed, is professor Ryff se
uitgangspunt.
Navorsers soos professor Ryff het begin wonder wat “beskerm” mens teen toestande soos
angs en depressie? Is dit dalk persoonlikheidseienskappe? Is dit miskien vaardighede?
Die interessante en opwindende ding is dat prof Ryff wel ses sulke faktore in
haar navorsing geidentifiseer het: wanneer iemand sterk is in hierdie faktore,
is sy depressievlakke gewoonlik laag en as hy sukkel ten opsigte van hierdie
faktore, raak sy depressievlakke dikwels hoog. Ons weet dus nou tot 'n baie
groot mate wat behoort 'n persoon se “immuniteit” teen depressie te verhoog! Ons
weet ook dis nie “persoonlikheidseienskappe” wat party mense het en ander nie
het nie. Dis vaardighede waaraan elkeen kan werk!
1
BEMEESTERING VAN DIE OMGEWING:
Dis die mees algemene probleem waarmee mense sukkel. Jy voel jy het nie die vermoë
om die eise van elke dag te hanteer nie. Dat jy nie in staat is om jou situasie
te verander of te verbeter nie. Dit hang dikwels saam met 'n negatiewe
beoordeling van jouself. Iemand het dit as volg verwoord: “Ek het 'n filter wat
enige iets goed wat ek bereik teen die grond vee en vir my sê dat ek net
gelukkig was om sukses te behaal. Alles wat negatief is, vergroot ek uit
proporsie en dit laat my soos 'n mislukking voel.” Hierdie gevoel dat jy nie beheer het nie,
lei daartoe dat jy wonderlike geleenthede miskyk waaroor jy later waarskynlik spyt gaan wees.
Dis juis 'n beskermingsfaktor teen psigiatriese siektes as jy pro-aktief is en 'n effektiewe
probleemoplosser is.
2
PERSOONLIKE GROEI
Iemand met depressie is dikwels geneig om klem te lê op die afstand tussen hulleself
en hulle doelwitte en om dit mis te kyk dat hulle al vordering op pad soontoe
gemaak het. Jy voel jy het gestagneer. Dis egter belangrik om 'n gevoel van
voortdurende groei te onwikkel, dat mens jouself sien as iemand wat groei en
ontwikkel, iemand wat oop is vir nuwe ervarings, iemand wat jou eie potensiaal
wil verwesenlik. Ook dat jy oor 'n tydperk verbetering en groei moet en kan sien in
jouself en in jou gedrag.
3
OM 'N DOEL IN DIE LEWE TE HE
Jy het doelwitte en 'n gevoel van rigting, voel daar is betekenis in jou huidige
lewe en in die verlede; hou vas aan oortuigings wat aan die lewe betekenis
gee.
4
OUTONOMIE
Bepaal self waarheen jy op pad is en is onafhanklik; is in staat om sosiale druk te
weerstaan; reguleer gedrag van binne; evalueer jouself van binne. Iemand met 'n
lae selfwaarde onderdruk of steek sy eie opinies weg en gaan met 'n situasie mee
wat nie in sy beste belang is nie of laat toe dat sy belange konstant
ondergeskik is aan ander s'n. Hierdie patroon ondermyn jou doel in die lewe en
bemeestering van die omgewing en dit sal weer outonomie beinvloed. Hierdie mag
vir jouself nie so opvallend wees nie omdat jy jou behoefte aan sosiale
goedkeuring dikwels goed wegsteek. Iemand wat ander wil tevrede stel en nie
daarin slaag nie, gaan onvermydelik baie innerlike konflik ervaar en chronies
saamleef met ontevredenheid en
frustrasie.
5
SELFAANVAARDING
'n Positiewe houding teenoor jouself, aanvaarding van jou goeie en minder goeie
eienskappe en 'n positiewe gevoel oor die verlede is 'n verdere belangrike
beskermingsfaktor teen depressie en angs. Iemand met lae selfaanvaarding,
onrealistiese hoë standaarde en verwagtings t.o.v. homself, word dikwels gedryf
deur 'n perfeksionistiese houding. Enige teken van emosionele welvaart of
well-being word geneutraliseer deur 'n chroniese gevoel van ontevredenheid met
jouself.
6
POSITIEWE VERHOUDINGS
Warm en vertrouende verhoudings met ander, om in die welsyn van ander belang te stel,
om in staat te wees tot sterk empatie, liefde en intimiteit en om te verstaan
gee-en-neem is belangrik in menseverhoudings. Daar is 'n groot gros literatuur
oor die buffereffek wat positiewe verhoudings het teen die spanning en druk van
elke dag. Navorsing dui konsekwent aan dat as mens een faktor wil verander ten
einde meer gelukkig te wees, dit positiewe verhoudings moet wees. VERHOUDINGS
MAAK SAAK!
Wellbeing terapie:
Prof Giovanni Fafa, verbonde aan die universiteite van Bologna en die Staats Universiteit van
New York, het WBT ontwikkel op grond van prof Carol Ryff se navorsing.
WBT is gebaseer op die teorie dat daar klem gelê moet word op positiewe emosionele
gesondheid eerder as om te fokus op die vermindering van negatiewe emosionele
simptome. Daarom volg die terapie 'n benadering wat op konstruktiwiteit fokus.
Die model gaan uit van die standpunt dat tekortkominge in emosionele welstand waarskynlik
verband hou met
1.
te min aandag aan goeie ervarings
2.
en 'n onvermoë om 'n staat van emosionele welstand te behou a.g.v. outomatiese
negatiewe gedagtes.
Daar word eers bepaal hoe vaar die klient ten opsigte van die ses vlakke. Prof Ryff het 'n
vraelys saamgestel wat dit baie maklik maak om dit te evalueer.
Van daar af word in Wellbeing Terapie konstruktief gewerk aan groei in die spesifieke areas waar die klient nog nie floreer nie.
Wanneer ek van Wellbeing Terapie se beginsels gebruik maak, is my benadering om eerder te fokus op areas waar 'n klient WEL suksesvol is en om van daar af te beweeg na "die probleem" en die klient se doelwitte. Dikwels het so 'n benadering 'n groot effek op groei in areas waar 'n persoon groei nodig het. Mens kan dit vergelyk met bouwerk. Mens bou verkieslik nie met uitskot bakstene en swak kwaliteit sement nie. Mens gebruik die beste kwaliteit ter wille van 'n sterk struktuur wat natuurrampe sal kan deurstaan. Daarom verkies ek ook om in terapie die beste eienskappe waaroor 'n klient reeds beskik aan te wend in 'n proses van opbou.
Ek pas dus nie al die elemente van Wellbeing Therapy toe nie. Dit fokus vir my nog te veel op dit wat VERKEERD is in 'n persoon se samestelling. Ek maak wel gebruik van die teoretiese basis waarop dit gebaseer is, naamlik dat daar ses eienskappe is wat mense "immuniseer" teen depressie. En wanneer ek van daardie eienskappe in iemand se samestelling waarneem, mobiliseer ek dit ten einde die persoon se "wellbeing" te bevorder. 'n "Natuurramp" soos 'n egskeiding, dood in die familie en ander stresvolle situasies, kom op een of ander stadium oor die meeste mens se lewenspad en wellbeing hou jou "huis" in een stuk.
Cizelle Louw
Kliniese Sielkundige
24/09/2014