CIZELLE LOUW - CLINICAL PSYCHOLOGIST PRETORIA
  • Home
  • About
    • About Cizelle Louw
    • First Session Info
    • News
    • FAQ
  • Contact
  • OPLEIDING
    • PREDIKANTE >
      • KIB
      • GETUIGSKRIFTE
      • CV
  • Therapy
    • Brainworking Recursive Therapy
    • Solution Focused Therapy
    • Teenagers
    • Adults
    • Couples
    • Phobias
    • Realise your Dreams
  • More
    • Archive >
      • Better Pain Control
      • Stress >
        • Stress Management
        • Stress is good?
      • Domestic Violence >
        • Warning Signs
        • Upper class Domestic Violence
        • I am the abuser
        • My wife is the abuser
      • Trichotillomania
      • Mini Habits
      • How are you?
    • Payments
    • Reviews
    • Testimonials

WAT'S NUUS?

10/2/2014

1 Comment

 
Baie welkom by die eerste "uitgawe" van hierdie webwerf! Ek glo dat jy dit gaan geniet om hier rond te snuffel en hopelik gaan dit ook vir jou tot seen wees.

Aangesien daar gereeld iets nuuts hierop gaan wees, sal ek jou van tyd tot tyd in kennis stel wanneer jy weer kan kom loer. Dis vir my egter van groot belang dat jy my dadelik sal laat weet indien jy van my adreslys afgehaal wil word - jy hoef geen rede daarvoor te gee nie. Aan die ander kant, as jy weet van iemand wat op my lys wil kom, laat weet my gerus by KONTAK.

Die basiese inligting op hierdie webwerf gaan van keer tot keer dieselfde bly, soos 'n uiteensetting oor my benadering in terapie en met watter mense ek in terapie werk. Jy sal egter ook sien dat 'n aktuele onderwerp vir 'n paar maande 'n plek op die tuisblad inneem. Die huidige aktuele onderwerp is gesinsgeweld. Ek gee feitelike inligting daaroor asook raad vir mense wat hulleself in daardie posisie bevind. Mense wat daardeur geraak is/was, se ervarings word ook anoniem met jou gedeel. 'n Boek oor die onderwerp word ook aanbeveel onder RESENSIES. Indien jy graag 'n bydrae wil maak tot die gesprek, sal ek dit baie waardeer. Jy kan 'n e-pos stuur by KONTAK. Ek is nog op soek na 'n goeie fliek waarin gesinsgeweld 'n tema is - kan jy dalk 'n aanbeveling maak? Dit moet maklik bekombaar wees by DVD winkels.

Dan gaan daar onderwerpe wees wat van keer tot keer wissel, of wat soms deel gaan uitmaak van 'n kort reeks. Dit gaan onder "Meer ..." verskyn. In hierdie uitgawe is daar twee sulke onderwerpe: die eerste een gaan oor hoe mens jou stresvlakke kan verlaag deur jou dag te vereenvoudig. Ek het dit op Twitter gekry en dis so prakties dat ek dit graag met jou wil deel. Tweedens word daar tans navorsing gedoen om 'n bloedtoets moontlik te maak vir die diagnose van depressie. Lees gerus hierdie  kort, maar baie interessante stukkie.  Hierdie navorsing beklemtoon vir ons dat depressie in baie gevalle 'n biologiese siekte is wat goeie behandeling regverdig.

Onder "meer" sal ek elke keer skryf oor onderwerpe wat die meeste mense interessant sal vind - onderwerpe wat jy op jou eie lewe van toepassing kan maak of wat jy dalk vir iemand anders kan aanbeveel. Ek is byvoorbeeld baie lus om te skryf oor dinge soos "Hoe kan ek 'n slegte gewoonte verbreek?", "Hoe kan ek pyn so hanteer dat ek minder op pynstillers staatmaak?", "Hoe kan ek en my maat/kind/ouer beter oor die weg kom en nie oor en oor vassit oor dieselfde goed nie?", "Hoe kan ek 'n droom waarmaak?" Wanneer mens jou brein se werking beter verstaan, gaan dit baie makliker wees om vrae op hierdie antwoorde te kry. Ek gaan my bes doen om dit in plat-op-die-aarde, doodgewone taal oor te dra sodat jy dit selfs aan jou kinders sal kan verduidelik. 
 
Ek hoop jy gaan my "baba" geniet en dat jy my sal help om haar groot te maak deur bydraes te lewer en waar nodig is, raad te gee. Ek praat van haar as 'n dogtertjie want sy het alreeds 'n paar keer haar poppe uit die cot gegooi!

Voorspoed en seen vir jou.

Cizelle Louw
Kliniese Sielkundige 

 
1 Comment
Mariette Swart
10/6/2014 02:08:59 am

Baie geluk met jou PUIK webtuiste!

Reply



Leave a Reply.

    Archives

    October 2014

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.