INSTITUUT VIR KORTTERMYN INTERAKTIEWE BEGELEIDING
‘n Tyd terug gesels ek en ‘n predikant by ‘n funksie oor die vreugdes en frustrasies van ons onderskeie beroepe. Sy noem toe dat sy graag in minder pastorale gesprekke beter resultate sou wou sien. Dit het my herinner aan my situasie voor 2014. Tot op daardie stadium het ek langtermyn terapie gedoen en dit was nie net tydrowend vir my kliënte nie, maar ook emosioneel dreinerend. My kliënte se finansies het nie bygehou nie en ek as terapeut het emosionele uitbranding beleef. En toe gaan doen ek ‘n eerste kursus in korttermyn terapie, spesifiek in Solution Focused Brief Therapy. Baie skepties, maar ook baie nuuskierig. Dit was vir my en my kliënte ‘n keerpunt.
Maar is dit net so effektief? Navorsing dui daarop dat kort- en langtermyn terapie ewe suksesvol is en die langtermyn effek is boonop dieselfde. Volgens Howard Stone, emeritus professor aan die Texas Christian University en mede skrywer van Strategies for Brief Pastoral Counseling, is dit tyd dat predikante bemagtig word om meer effektiewe korttermyn hulpverleners te wees. Dikwels is daar net een predikant in ‘n gemeente. As hy langtermyn hulpverlening doen, gaan hy óf ander areas van sy bediening (en ander gemeentelede) afskeep óf hy gaan emosioneel uitbrand.
Aangesien ekself ‘n Christen is en ‘n groot persentasie van my kliënte vra dat ek werk vanuit ‘n geloofsbenadering, het ek die korttermyn terapie wat ek doen so aangepas dat dit van waarde kan wees binne ‘n Christelike raamwerk. My doelwit is om my kliënte met empatie en aktiewe interaksie te begelei om met die beginsels van korttermyn terapie binne ‘n veilige geloofsomgewing met klein treetjies by ‘n betekenisvolle doelwit uit te bring. Vandaar my keuse van ‘n naam vir hierdie benadering:
KORTTERMYN INTERAKTIEWE BEGELEIDING
Na amper 29 jaar in my praktyk is ek nog meer entoesiasties as ooit vantevore. Ek skryf dit in ‘n groot mate toe aan die positiewe invalshoek van hierdie korttermyn benadering, nl. kyk na dit wat reeds werk in die persoon se lewe. Kyk na dit wat goed en gesond is. Neem kennis van die eienskappe waarmee die Here die persoon toerus om elke dag se uitdagings aan te pak. Begelei die persoon om self seëninge raak te sien. En bou daarop voort sodat die persoon by nuwe sin en betekenis kan uitkom.
Om te beleef dat my kliënte meestal binne ‘n gemiddeld van 3-4 sessies (soms net 1) hulle doelwitte bereik, het my aanvanklik totaal en al verras, totdat ek besef het die geheim van hierdie terapie lê opgesluit daarin dat die kliënt op besonder unieke en weldeurdagte maniere begelei word om self te ontdek waarheen hy op pad wil wees.
Ek glo dit kan ook vir predikante in hulle bediening van groot waarde wees om hierdie vaardighede deel van hulle pastorale “gereedskap” te maak sodat hulle bemagtig kan wees om meer effektiewe korttermyn hulpverleners te wees. Predikante is immers dikwels in ‘n posisie waar hulle net een, miskien twee gesprekke met iemand het want baie mense gee ‘n dominee net een kans (vir sielkundiges ook!) Daarom is dit van die grootste belang dat ons moet weet hoe om elke gesprek só te hanteer dat dit ‘n langtermyn positiewe verskil kan maak selfs al is dit die enigste kontak met iemand.
Cizelle Louw
KLINIESE SIELKUNDIGE
PS0026964/8616825
M.A. Klin. Sielk (Stell.)
www.cizellelouw.com
cizelle@lantic.net

© Copyright 2021