Ek het 'n vergete, half gebreide kombers van kosbare wol wat ek van Amerika af saamgebring het, vir jare in my kas gehad, totdat ek op hierdie webwerf oor mini-gewoontes gelees het … Ek het dadelik gedink ek moet die kombers voltooi, maar bietjies op 'n slag en kyk wat gebeur.
Daar is so 180 steke op die breinaalde. Ek het besluit om ten minste een ry per dag te brei. Soos met enige voornemens het dit goed begin, totdat daar ‘n ander kinkel ingesluip het - verandering in my normale roetine. My sus en hulle 10 maande oue dogtertjie kom kuier uit Amerika. Groot opgewondenheid. Hierdie kuiertjie het my normale roetine heeltemal verander. Wanneer ek nie werk nie, spandeer ek elke moontlike kosbare oomblik saam met hulle (en wil nie in die geselskap sit en brei nie). Dit beteken ek is omtrent nooit tuis nie! En so gaan paar dae verby wat ek niks brei nie. Die verskil egter hierdie keer is dat ek elke dag daaraan dink, en dit het my heeltyd gepla as ek nie een ry gebrei het vir die dag nie. Dit lê nie meer net vergete nie.
Ek besluit toe ek sal “inhaal” wat ek nie gebrei het nie en het sodoende met die helfte van die rye opgevang. Voorheen sou dit nie aanvaarbaar vir my gewees het as ek nie al die agterstallige rye kon inhaal nie. Nou is dit oukei. Die belangrikste is dat die breiwerk nie na een dag weer vergete in die kas beland nie, maar dat dit nou ‘n daaglikste aktiwiteit geword en die kombers stadig maar seker vorder! J
Ek het tot die volgende gevolgtrekking gekom:
As ’n mens dink om net 1 ry te brei klink dit min, maar met 180 steke op is dit nogal baie. Ek het besef my doelwit was moontlik nie superklein genoeg nie, en ek het ook glad nie in ag geneem dat my roetine en/of omstandighede kan verander/beïnvloed word nie. Onthou julle Cizelle se voorbeeld van die man wat 1 push-up moes doen as doelwit vir sy mini-gewoonte om te begin oefen? Ek het besef dit sal meer realisties wees om 50 steke per dag te brei. Indien ek nie meer as dit kan brei nie sal dit my geensins pla nie, en die kans is goed dat ek meer as dit sal brei.
My beskeie opinie is dat ‘n mens se persoonlikheid ‘n rol speel gedurende so proses. Ek het baie eienskappe van die “go-getter” persoonlikheid. Wanneer ek besluit om iets te doen is ek baie gefokus en gee gewoonlik baie meer as 100%, en pak groot projekte aan. Ek is altyd BAIE toegewyd wanneer projekte aanpak, en is al ge-etiketeer as iemand met te hoë standaarde. Dus, wanneer ek iets doen en dit is nie suksesvol soos ek dink dit behoort te wees nie, is ek baie teleurgesteld in myself. Die skool van die lewe het my wel al geleer dat baie pogings nie altyd 100% is/kan wees nie … en dis oukei!! JJJ. Mens kan net weer probeer! Die hoë standaarde wat ek altyd aan myself stel het ook daartoe gelei dat die doelwit wat ek vir my breiwerk op 'n dag gestel het nie klein genoeg was nie. Onbewustelik het ek weereens die “bar” te hoog gestel. Nadat ek Cizelle se artikel weer gelees het, het ek besef die idee is SUPERKLEIN doelwitte! So-iets pas gewoonlik nie in my verwysingsraamwerk nie. Dit is dus iets waaraan ek doelbewus aandag moet gee. Dit laat my dink aan iemand wat my goed ken en ‘n lang tyd terug die volgende opmerking gemaak het: “Onthou, bietjies-bietjies op ‘n slag is meer as genoeg om uiteindelik die doelwit te bereik”. Op hierdie stadium het die mini gewoonte projek ‘n impak op ander dele van my lewe. Ek begin anders dink. Gewoonlik wil ek alles altyd dadelik in plek hê. Realiteit leer my dit kan meeste van die tyd nie so gedoen word nie. Bietjie-bietjies is die antwoord … J
Daaglikse oefening is deel van my lewenstyl en ek is mal daaroor. Dus het ek geen motivering nodig om die gym te besoek nie. Daar is egter dae wat my energievlakke nie die hoogste is nie, dan kan ek nie ‘n hoë intensie program volhou nie. Soms voltooi ek nie die program vir die dag nie – dit laat my moedeloos voel. Die mini gewoonte idee het dadelik op hierdie gebied van my lewe ‘n rol begin speel, aangesien ek reeds anders dink. Daardie dae wat fisies moeiliker voel om te oefen, voltooi ek die program, maar sal aanpassings maak in terme van hoeveelheid repetisies en ligter gewigte gebruik. In my ervaring help die mini gewoonte my om goed te voel oor so oefen dag, want ek kan die doelwit behaal!
Opdatering van opleidingsmateriaal is onder andere deel van my werk. Dit benodig baie tyd, en mens kan maklik opsien daarna, veral as dit ‘n redelike lywige dokument is. Mini gewoontes het dadelik oorgespoel na hierdie area van my lewe. Ek sien nie meer ‘n 150 bladsy dokument nie. Ek stel nou realistiese super klein doelwitte in terme van hoeveel bladsye ek wil voltooi. Net die gedagte daaraan maak die taak baie meer aangenaam.