CIZELLE LOUW - CLINICAL PSYCHOLOGIST PRETORIA
  • Home
  • About
    • About Cizelle Louw
    • First Session Info
    • News
    • FAQ
  • Contact
  • OPLEIDING
    • PREDIKANTE >
      • KIB
      • GETUIGSKRIFTE
      • CV
  • Therapy
    • Brainworking Recursive Therapy
    • Solution Focused Therapy
    • Teenagers
    • Adults
    • Couples
    • Phobias
    • Realise your Dreams
  • More
    • Archive >
      • Better Pain Control
      • Stress >
        • Stress Management
        • Stress is good?
      • Domestic Violence >
        • Warning Signs
        • Upper class Domestic Violence
        • I am the abuser
        • My wife is the abuser
      • Trichotillomania
      • Mini Habits
      • How are you?
    • Payments
    • Reviews
    • Testimonials

aanhouer wen!

4/6/2015

0 Comments

 
Dit voel goed om te sê dat ek nogsteeds besig is om te brei! J  Onthou julle dat my doelwit aanvanklik nie werklik klein genoeg was nie.  Ek het die doelwit toe regtig superklein gemaak.  Dit is defnitief soveel makliker om die doelwit te bereik sonder enige druk.  Ek ondervind dat ek elke keer baie meer doen as my superklein doelwit, en dit laat my ontspanne en tevrede voel met my vordering.

 

Afgesien van my verkleinde doelwit, is daar nog steeds dae wat ek nie by die gewoonte uitkom nie, maar aangesien my doelwit so superklein is, is dit verspot maklik om in te haal wat ek oorgeslaan het.  Dit kan moontlik makliker wees om elke dag die taak te verrig as ek dit gebonde maak aan ‘n sekere tyd van die dag.  Ek sal dit toets en kyk of dit help J.

 

Ek ervaar dat ek konstant positief is om vol te hou met hierdie klein gewoonte.  Ek dink glad nie meer heeltyd aan hoeveel ek nog moet brei voor die kombers voltooi is nie, maar fokus net om die klein doelwit elke dag te bereik.  Indien ek dae oorslaan, ervaar ek dit nie negatief nie en sien uit om net aan te gaan met die gewoonte.

 

Tot volgende keer! J

0 Comments

JA, SUPERKLEIN WERK!

3/10/2015

0 Comments

 
Nadat ek besef het my doelwit is nie superklein genoeg nie, het ek dit aangepas.  In plaas van ‘n doelwit van 180 steke brei, het ek dit verklein na 10 steke per dag.  Ja, dit klink darem belaglik klein!  Maar dit is die idee, en dit het ‘n baie groot inlvoed gehad.  Die druk was af.  Indien ek as gevolg van klomp veranderlikes nie die dag die 10 steke kon brei nie, was dit ook baie makliker om dit in te haal.

 

Vir die eerste keer vandat ek die kombers begin brei het, beland die stuk werk nie gou vergete in ‘n kas nie.  Ek het soveel meer moed en motivering om net aan te hou.  “Baby steps” werk regtig so goed.  Ek sal dit vir enige persoon sterk aanbeveel!

 

0 Comments

klein is eintlik superklein

2/20/2015

0 Comments

 

 Ek het 'n vergete, half gebreide kombers van kosbare wol wat ek van Amerika af saamgebring het, vir jare in my kas gehad, totdat ek op hierdie webwerf oor mini-gewoontes gelees het … Ek het dadelik gedink ek moet die kombers voltooi, maar bietjies op 'n slag en kyk wat gebeur.

 

Daar is so 180 steke op die breinaalde.  Ek het besluit om ten minste een ry per dag te brei.  Soos met enige voornemens het dit goed begin, totdat daar ‘n ander kinkel ingesluip het - verandering in my normale roetine.  My sus en hulle 10 maande oue dogtertjie kom kuier uit Amerika.  Groot opgewondenheid.  Hierdie kuiertjie het my normale roetine heeltemal verander.  Wanneer ek nie werk nie, spandeer ek elke moontlike kosbare oomblik saam met hulle (en wil nie in die geselskap sit en brei nie).  Dit beteken ek is omtrent nooit tuis nie!  En so gaan paar dae verby wat ek niks brei nie.  Die verskil egter hierdie keer is dat ek elke dag daaraan dink, en dit het my heeltyd gepla as ek nie een ry gebrei het vir die dag nie.  Dit lê nie meer net vergete nie. 

 

Ek besluit toe ek sal “inhaal” wat ek nie gebrei het nie en het sodoende met die helfte van die rye opgevang.  Voorheen sou dit nie aanvaarbaar vir my gewees het as ek nie al die agterstallige rye kon inhaal nie.  Nou is dit oukei.  Die belangrikste is dat die breiwerk nie na een dag weer vergete in die kas beland nie, maar dat dit nou ‘n daaglikste aktiwiteit geword en die kombers stadig maar seker vorder! J 

 

Ek het tot die volgende gevolgtrekking gekom:

 

As ’n mens dink om net 1 ry te brei klink dit min, maar met 180 steke op is dit nogal baie.  Ek het besef my doelwit was moontlik nie superklein genoeg nie, en ek het ook glad nie in ag geneem dat my roetine en/of omstandighede kan verander/beïnvloed word nie.   Onthou julle Cizelle se voorbeeld van die man wat 1 push-up moes doen as doelwit vir sy mini-gewoonte om te begin oefen?  Ek het besef dit sal meer realisties wees om 50 steke per dag te brei.  Indien ek nie meer as dit kan brei nie sal dit my geensins pla nie, en die kans is goed dat ek meer as dit sal brei. 

 

My beskeie opinie is dat ‘n mens se persoonlikheid ‘n rol speel gedurende so proses.  Ek het baie eienskappe van die “go-getter” persoonlikheid.  Wanneer ek besluit om iets te doen is ek baie gefokus en gee gewoonlik baie meer as 100%, en pak groot projekte aan.  Ek is altyd BAIE toegewyd wanneer projekte aanpak, en is al ge-etiketeer as iemand met te hoë standaarde.  Dus, wanneer ek iets doen en dit is nie suksesvol soos ek dink dit behoort te wees nie, is ek baie teleurgesteld in myself.  Die skool van die lewe het my wel al geleer dat baie pogings nie altyd 100% is/kan wees nie … en dis oukei!! JJJ.  Mens kan net weer probeer!  Die hoë standaarde wat ek altyd aan myself stel het ook daartoe gelei dat die doelwit wat ek vir my breiwerk op 'n dag gestel het nie klein genoeg was nie.  Onbewustelik het ek weereens die “bar” te hoog gestel.  Nadat ek Cizelle se artikel weer gelees het, het ek besef die idee is SUPERKLEIN doelwitte!  So-iets pas gewoonlik nie in my verwysingsraamwerk nie.  Dit is dus iets waaraan ek doelbewus aandag moet gee.   Dit laat my dink aan iemand wat my goed ken en ‘n lang tyd terug die volgende opmerking gemaak het:  “Onthou, bietjies-bietjies op ‘n slag is meer as genoeg om uiteindelik die doelwit te bereik”.  Op hierdie stadium het die mini gewoonte projek ‘n impak op ander dele van my lewe.  Ek begin anders dink.  Gewoonlik wil ek alles altyd dadelik in plek hê.  Realiteit leer my dit kan meeste van die tyd nie so gedoen word nie.  Bietjie-bietjies is die antwoord …  J

 

Daaglikse oefening is deel van my lewenstyl en ek is mal daaroor.  Dus het ek geen motivering nodig om die gym te besoek nie.  Daar is egter dae wat my energievlakke nie die hoogste is nie, dan kan ek nie ‘n hoë intensie program volhou nie.  Soms voltooi ek nie die program vir die dag nie – dit laat my moedeloos voel.  Die mini gewoonte idee het dadelik op hierdie gebied van my lewe ‘n rol begin speel, aangesien ek reeds anders dink.  Daardie dae wat fisies moeiliker voel om te oefen, voltooi ek die program, maar sal aanpassings maak in terme van hoeveelheid repetisies en ligter gewigte gebruik.  In my ervaring help die mini gewoonte my om goed te voel oor so oefen dag, want ek kan die doelwit behaal!

 

Opdatering van opleidingsmateriaal is onder andere deel van my werk.  Dit benodig baie tyd, en mens kan maklik opsien daarna, veral as dit ‘n redelike lywige dokument is.  Mini gewoontes het dadelik oorgespoel na hierdie area van my lewe.  Ek sien nie meer ‘n 150 bladsy dokument nie.  Ek stel nou realistiese super klein doelwitte in terme van hoeveel bladsye ek wil voltooi.  Net die gedagte daaraan maak die taak baie meer aangenaam.

 

 

 

 

 

    

 

 

 

0 Comments

klein vs superklein

2/20/2015

0 Comments

 
0 Comments

    Author

    Theresa  is slim, geniet allerhande sportsoorte, lees baie graag en is getrou in die gym. Sy probeer ook graag nuwe dinge uit en daarom het sy besluit om 'n  mini-gewoonte aan te pak.

    Archives

    April 2015
    March 2015
    February 2015

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.