TIENERS EN STRES
STRESVRAELYS VIR TIENERS
HIERDIE IS 'N LYS VAN GEBEURE EN SITUASIES WAT VIR JONGMENSE STRES KAN VEROORSAAK. VAN HIERDIE ITEMS KAN NEGATIEWE OF SLEGTE STRES VEROORSAAK EN VAN HIERDIE STRES HET AL JONGMENSE LAAT VOEL ASOF HULLE HULLE EIE LEWENS WIL NEEM. SOMMIGE VAN HIERDIE ITEMS IS POSITIEWE DINGE WAT GOEIE STRES KAN BRING.
Die items bo aan die lys bring dikwels die ergste stres en die aan die onderkant is ligter bronne van stres. Merk al die items wat met jou gedurende die afgelope ses maande gebeur het. Kyk dan na jou lys. Het jy baie merkies aan die boonste helfte van die lys? Hoeveel merkies het jy tussen items 1 en 20? As jy meer as 5 regmerkies het, is jy waarskynlik onder heelwat stres. Soek dan na 'n volwassene wat jy vertrou en wys vir hom/haar jou lys. Saam kan julle besluit of julle nodig het om met 'n professionele persoon te praat. Wat daarvan as die meeste van jou regmerkies tussen 21 en 40 is? As jy 10 of meer merkies na item 20 het, dui dit daarop dat jy die lys vir 'n volwassene wat jy vertrou moet wys en moet praat oor dinge wat in jou lewe gebeur het.
As jy minder as vyf merkies in die eerste helfte van die lys het of minder as 10 in die laaste helfte is dit nie 'n waarborg dat jy oukei is nie. Gebruik hierdie net as 'n riglyn van die stres in jou lewe. Vertrou die gevoelens in jou binnekant en die fisiese simptome van stres wat jy ervaar.
WENK: As jy bekommerd is oor 'n vriend wat “af” of gestres lyk, merk die items op die lys wat jy weet met hom gebeur het. Wys dan vir hom die lys en vra of hy dalk nog kan afmerk. Dalk sal jou vriend met jou begin praat oor hoe hy voel en julle kan saam 'n plan maak oor met wie hy kan gaan praat, indien nodig.
Laai die bladsy in PDF af - kliek hier
Dink anders! Gedagtepatrone wat stres kan verminder - kliek hier

- _____ My ouer/ouers het gesterf
- _____ My ouers het geskei
- _____ My ouers is uitmekaar
- _____ ’n Vriend of familielid het sy eie lewe geneem
- _____ Ek misbruik alkohol of ander dwelms
- _____ Ek en my meisie/ou het opgebreek
- _____ Fisiese of seksuele mishandeling vind in ons huis plaas
- _____ ’n Vriend of familielid het sy eie lewe probeer neem
- _____ Iemand vir wie ek lief is, is dood aan 'n natuurlike oorsaak
- _____ ’n Familielid misbruik alkohol of ander dwelms
- _____ Ek is homoseksueel of bevraagteken my eie seksuele orientasie
- _____ Emosionele mishandeling vind plaas in ons huis
- _____ Ek is swanger
- _____ Ek het 'n ernstige siekte of besering opgedoen
- _____ Ek het probleme met my skoolwerk
- _____ Daar is geweld in ons skool
- _____ Ek het onlangs gehoor my meisie is swanger
- _____ Ek het na 'n nuwe stad/dorp getrek
- _____ Ek sukkel om met my vriende oor die weg te kom
- _____ Ek het by 'n nuwe skool begin/het 'n nuwe onderwyser gekry
- _____ Daar is 'n nuwe baba in ons gesin gebore
- _____ ’n Gesinslid het siek geword of is beseer
- _____ My pa/ma het sy/haar werk verloor
- _____ My ouer wat altyd by die huis was, het buitenshuis begin werk
- _____ Ons huis het afgebrand of is beroof
- _____ Ek en my broers of susters sit vas
- _____ Ons gesin het geldelike probleme
- _____ My troeteldier is dood of het weggeraak
- _____ Ek het met 'n nuwe sport of aktiwiteit begin
- _____ My slaapgewoontes het verander
- _____ Daar is geweld in ons omgewing
- _____ Een van ons gesinslede het weggetrek
- _____ Ek het 'n nuwe werk gekry
- _____ Ek het 'n prys gewen
- _____ Ek baklei met my oupa/ouma
- _____ Ons gesin gaan met vakansie
- _____ Ek gaan op 'n vakansiekamp
- _____ Ek doen aansoek vir universiteit of ander tersiêre onderrig
- _____ Die hoeveelheid TV wat ek kyk het onlangs verander
- _____ Ons gesin het onlangs 'n verjaarsdag of vakansiedag gevier