Almal het hulle “ding”, die “ding” wat jou laat beter voel na 'n lang dag, jou laat afskakel en vergeet van die moeilike en swaar dinge. Party mense het gesonde gewoontes om ontslae te raak van hulle negatiewe emosies, soos oefen, lees, verf, ens. Party mense het minder gesonde dinge soos om tv te kyk vir ure aaneen of party rook om hulleself beter te laat voel.
Alhoewel ek lief daarvoor is om 'n gebalanseerde leefstyl te handhaaf wat oefen en 'n gesonde dieet insluit, het ek oor die jare 'n slegte gewoonte aangeleer om myself te laat beter voel. Wanneer ek fisies of emosioneel moeg en moedeloos voel, gryp ek na die naaste soet of sout ding om te eet en as ek eers begin, is daar omtrent nie einde nie. Ek sal selfs in die aande na ete spesiaal ry om 'n sjokolade te koop of iets in die kas gebruik om iets lekker aan mekaar te slaan. Moet my nie verkeerd verstaan nie, daar is nie noodwendig fout daarmee nie. Maar, die fout lê in die feit dat geen kos of soetding my ooit laat beter voel vir langer as 'n paar minute nie, die fout lê ook daarin dat die hoeveelhede soetgoed wat ek moet eet om aanhoudend beter te voel, sleg is vir my gesondheid. Ek is en was nog altyd bewus van hierdie feite maar steeds was en is dit nog altyd een van my grootste 'struggles'.
Vir my was dit nog altyd belangrik om alles 100% te doen. So wanneer ek besluit om op te hou met iets soos my 'comfort food' wou ek alle soetgoed en ongesonde kos heeltemal vermy vir lang periodes aaneen. Uit die aard van die saak het dit altyd in die teenoorgestelde rigting beweeg en ek het met skuld en 'n gevoel van 'failure' gewroeg. Verder het dit gelei tot 'n gevoel van minderwaardigheid en ek was oortuig dat ek geen selfbeheersing het nie.
Toe ek die opskrif 'mini-gewoonte' lees het ek dadelik aan my eie lewe gedink. My hele lewe lank het ek nog altyd baie hoë standaarde vir myself gestel en was gedurig teleurgesteld. Ek het nooit in klein stappies gedink nie. Als was altyd 'all or nothing'. Oor die laaste jaar het ek baie 'superklein' veranderinge en gewoontes in my lewe aangebring met die hulp en advies van tannie Cizelle, maar ek het nooit besef hoe 'powerfull' daardie klein veranderings was nie. Na die artikel het ek dit raakgesien en nuwe hoop vir my slegte eetgewoontes gekry. Ek dink baie mense sukkel met dieselfde ding, of dit nou is om te hoë standaarde te stel vir jouself of om te eet om beter te voel, 'n minigewonte kan 'n groot verskil maak en daarom het ek besluit om my storie op die blog te deel.
In 'n artikel op die internet oor “keystone habits” (http://liveboldandbloom.com/08/habits/keystone-habits) vertel die outeur van 7 gewoontes wat kan uitkring en 'n groot verskil in jou lewe kan maak. Sy maak die opmerking dat 'food journaling' die eerste stap is om jou eetgewoontes te verander. Dit werk so: alles wat jy eet, skryf jy neer, punt. Dis so maklik soos dit. Ek doen dit nou nog net 'n week maar dit is wonderlik die verskil wat dit klaar in my gedagtes maak net omdat ek weet ek gaan als moet neerskryf. Wanneer ek dit op papier sien, besef ek soveel meer hoe min my liggaam eintlik die ekstra kos/swieties nodig het. Verder help dit my om twee keer te dink voordat ek 'n tweede porsie eet.
Ek is opgewonde om te sien hoe hierdie mini-gewoonte my verder gaan help om hierdie probleem te hanteer.