
Leslie Morgan Steiner se praatjie op TED talk is nie net aangrypend nie, dis ook baie insiggewend. Waarom stap iemand wat mishandel word nie weg uit so 'n verhouding nie? Dit is die vraag op almal se lippe wanneer hulle hoor iemand word mishandel. Leslie was in haar jong dae vir 'n paar jaar getroud met 'n man wat haar so erg mishandel het dat haar lewe in gevaar was. Nou is dit haar passie om vrouens in te lig sodat hulle die gevaartekens betyds raaksien.
https://www.ted.com/talks/leslie_morgan_steiner_why_domestic_violence_victims_don_t_leave?language=en