CIZELLE LOUW CLINICAL PSYCHOLOGIST PRETORIA - 082 4155 390
  • Home
  • About
    • About Cizelle Louw
    • First Session Info
    • News
    • FAQ
  • Contact
  • TRAINING
    • PREDIKANTE >
      • IKIB >
        • WERKSWINKEL
        • CV
  • Therapy
    • Brainworking Recursive Therapy
    • Solution Focused Therapy
    • Teenagers
    • Adults
    • Couples
    • Phobias
    • Realise your Dreams
  • More
    • Archive >
      • Better Pain Control
      • Stress >
        • Stress Management
        • Stress is good?
      • Domestic Violence >
        • Warning Signs
        • Upper class Domestic Violence
        • I am the abuser
        • My wife is the abuser
      • Trichotillomania
      • Mini Habits
      • How are you?
    • Online Booking
    • Payments
    • Reviews
    • Testimonials

mini-gewoontes gee my hoop! 

2/11/2015

0 Comments

 
Johan vertel as volg:

My mini gewoonte is om 'n enkele paragraaf te lees uit die boek Touchpoints For Leaders (http://bit.ly/1CTpHrk) elke aand voor ek gaan slaap. Die hoeveelheid energie wat dit gevat het om dit te kon begin was verbasend baie! My vermoë om "self-aktiverend" te wees het verskriklik verswak vandat uit die laerskool is, presies hoekom weet ek nie en dis `n daaglikse proses om vrede te maak met die feit dat my verlede allerhande raaisels bevat wat ek dalk nooit gaan kan ontsyfer nie ...

 

Die boekmerk was nog waar ek dit laas, jare gelede, gesit het rondom die middel van die boekie! Maar vir hierdie nuwe ding in my lewe is `n nuwe begin nodig, so ek het by die eerste paragraaf begin en volgehou vanaf die Woensdag (28 Jan 2015) tot die Saterdag (31 Jan 2015). Wat gemaak het dat ek toe nie daarby uitgekom het nie was presies die ding waarvoor hierdie mini-gewoonte bedoel is. Sommige mense noem dit luiheid ander "procrastination", ek noem dit afwesigheid van genoegsame motivering. Sondag die 1ste Feb het darem weer goed verloop en soos die dae gekom en gegaan het, het ek agterkom dat my vermoë om belangrike dinge te begin doen versterk. Dit is wel `n baie klein verskil op hierdie stadium nog, maar dis regtig asof ek makliker aan die gang kom!

 

Ek het hierdie met my familie en `n paar mense by my kerk al gedeel en amper elke keer die reaksie gekry van "jy weet ons almal sukkel maar daarmee...", en ek deel nie sommer graag allerhande dinge wat in my lewe aangaan nie, maar net die feit dat ek meer en meer hoor van mense wat met dieselfde ding(e) sukkel versterk my motivering nog meer!

 

Vanaand merk ek twee volle weke van my mini gewoonte af en ek kan nie wag vir die verandering wat nog twee weke in my lewe gaan bring nie. Die idee dat ek weer vir myself doelwitte kan stel en dat ek WEET dat daar wél `n kans is om by hulle uit te kom laat my voel soos `n man wat eendag vir `n familie sal kan sorg ...

 






 

0 Comments



Leave a Reply.

    Author

    Johan is 'n man wat van dag tot dag voluit gaan met alles wat hy doen. Meestal gaan dit rof in sy besige beroepslewe, maar  nogtans maak hy tyd om te dink, nie net oor die hier en nou nie, maar ook oor dit wat saakmaak vir die toekoms. .

    Archives

    March 2015
    February 2015

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.