Om die eerste paar tree te gee met `n nuwe projek of taak, vat meeste van die tyd baie meer energie en waagmoed as om aan te hou nadat jy aan die beweeg is. Maar my ervaring is dat ek soms nie genoeg “energie” oor het om die projek te voltooi, nadat ek `n hele end vêr gevorder het nie. My vermoë om gedissiplineërd te bly is nogals laag, maar ek besef dat hierdie “projek” gaan juis oor die verbetering van onder andere selfdissipline. Die afgelope maand was weer `n moeilike maand, met my werk wat ek toegelaat het om `n groot deel van my tyd te steel! So wat my mini-gewoonte betref, het ek hier en daar `n dag oorgeslaan en dit het my elke keer die volgende dag soveel gepla dat ek daardie aand glad nie oorgeslaan het nie.
My hoop om eendag te kan sê dat ek selfdissipline kan toepas, groei met elke dag wat ek wel by my gewoonte uitkom om een paragraaf te lees.
My hoop om eendag te kan sê dat ek selfdissipline kan toepas, groei met elke dag wat ek wel by my gewoonte uitkom om een paragraaf te lees.