CIZELLE LOUW - CLINICAL PSYCHOLOGIST PRETORIA
  • Home
  • About
    • About Cizelle Louw
    • First Session Info
    • News
    • FAQ
  • Contact
  • OPLEIDING
    • PREDIKANTE >
      • KIB
      • GETUIGSKRIFTE
      • CV
  • Therapy
    • Brainworking Recursive Therapy
    • Solution Focused Therapy
    • Teenagers
    • Adults
    • Couples
    • Phobias
    • Realise your Dreams
  • More
    • Archive >
      • Better Pain Control
      • Stress >
        • Stress Management
        • Stress is good?
      • Domestic Violence >
        • Warning Signs
        • Upper class Domestic Violence
        • I am the abuser
        • My wife is the abuser
      • Trichotillomania
      • Mini Habits
      • How are you?
    • Payments
    • Reviews
    • Testimonials

GETUIGSKRIFTE

ANONIEME TERUGVOER NA AFLOOP VAN DIE EERSTE KIB KURSUS (APRIL/MEI 2021)

Watter deel van die opleiding staan vir jou die meeste uit en waarom?
  • Die praktiese oefening van die praktyke, 10 uit 10 daarvoor.
  • Die gemak waarmee die gesprek gevoer is en waarmee vrae gevra kon word, 10 uit 10 daarvoor.
  • Die balans tussen teorie en praktyk was baie goed, 10 uit 10 daarvoor
  • Die gebruik van metafore en stories, 8 uit 10 daarvoor.
  • Die demo’s help ongelooflik baie. Dit berei mens klaar voor vir die praktyk 10 uit 10 daarvoor.
  • Die praktiese sessies waar ons kon oefen en die positiewe en bemoedigende omgewing was regtig baie lekker! 9 uit 10 daarvoor.
  • Die uiters praktiese aard van die opleiding. Ek gaan huis toe met “tools”. 9 uit 10 daarvoor.

Elke deelnemer aan die werkswinkel het die volgende areas geevalueer en op ‘n gemiddeld het die 7 deelnemers se punte die volgende persentasies beloop:
Cizelle se voorbereiding: 95%
Praktiese toepasbaarheid van die opleiding: 80%
Verteerbaarheid van die teorie: 85%
As ‘n geheel het die groep aangedui dat die opleiding aan 90% van hulle verwagtinge voldoen het.

TERUGVOER NA 4 MAANDE

Ek kan met eerlikheid se dat hierdie kursus baie verrykend was. Dit het my gehelp om beter te verstaan hoe die brein werk asook hoe om verskillende tipes berading aan te spreek. Dit het mense met wie ek berading doen, gehelp om in 2 tot 3 sessies hulle trauma aan te spreek. Ek moedig graag almal aan om hierdie kursus by te woon. Dit kan jou lewe, jou bediening en verhoudings met mense positief verander. (Henk Labuschagne)

KIB beteken vir my ongelooflik baie. Dis ekstra gereedskap in my gereedskapkas. Ek vind daar is baie ruimte in pastoraat om dit baie sinvol aan te wend. Ek kan nou voorbereid by mense aankom en met hierdie gereedskap kan huisbesoek weer ‘n sinvolle praktyk in die kerk word. (Piet Steenkamp)

Die eenvoud en eerlikheid van KIB was verrassend. Die vinnige resultate is verblydend. Een van die beste kursusse bygewoon in my lewe. (Andre Thomas)

Ek het KIB die afgelope vier maande met 6 mense gebruik en die resultate was ongelooflik! Ek het byvoorbeeld iemand gehad wat selfdood oorweeg het en na twee sessies was verdere hulp nie meer nodig nie. Ek het ‘n ander vroutjie gehad wat oortuig was sy het kanker en wat na drie sessies, die oomblik wat ons ‘n trauma ontlonting gedoen het, met helder oe na my gekyk het en gese het sy voel nou emosioneel sterk. En so kan ek suksesverhaal na suksesverhaal vertel. Voorheen het ek nie geweet wat om met mense te doen nie. Ek het die een mens na die ander verwys. Cizelle, ek wil jou bedank dat jy KIB aan my bekend gestel het en my gehelp het om op ‘n totale ander manier na my beradingsbediening te kyk. (Willem Sauer)

Julle was ‘n ongelooflike groep om mee af te skop! Dit het my soveel plesier gegee om daardie vier dae saam met julle deur te bring en om my opgewondenheid oor my roeping en daaglikse arbeid met julle te deel. En om te sien hoe julle entoesiasme ontwikkel, was vir my ‘n riem onder die hart. Dit was heerlik om julle mee te neem op ‘n nuwe koers in julle bediening. Mag die Here ook vorentoe julle werk seën!  

© Copyright 2022
Powered by Create your own unique website with customizable templates.