CIZELLE LOUW - CLINICAL PSYCHOLOGIST PRETORIA
  • Home
  • About
    • About Cizelle Louw
    • First Session Info
    • News
    • FAQ
  • Contact
  • OPLEIDING
    • PREDIKANTE >
      • KIB
      • GETUIGSKRIFTE
      • CV
  • Therapy
    • Brainworking Recursive Therapy
    • Solution Focused Therapy
    • Teenagers
    • Adults
    • Couples
    • Phobias
    • Realise your Dreams
  • More
    • Archive >
      • Better Pain Control
      • Stress >
        • Stress Management
        • Stress is good?
      • Domestic Violence >
        • Warning Signs
        • Upper class Domestic Violence
        • I am the abuser
        • My wife is the abuser
      • Trichotillomania
      • Mini Habits
      • How are you?
    • Payments
    • Reviews
    • Testimonials

GESINSGEWELD - MY VROU ABUSE MY!

11/14/2014

0 Comments

 
 

Volgens The Mirror (17 Maart 2011) is meer as 40% van die slagoffers van gesinsgeweld in Engeland mans. Hierdie syfer klop met navorsing wat in die VSA gedoen is. Sulke mans kry egter min ondersteuning en is skaam om te soek vir hulp. In Engeland is daar egter al hoe meer plekke waarheen mans kan gaan. Een van die grootste probleme is egter dat mans se situasie nie ernstig opgeneem word nie. Dis asof mense sal dink/sê: “'n Man kan tog nie deur sy vrou abuse word nie! Is hy dan 'n sissie?” en/of “Hy oordryf seker.” Shirley Powell, besturende direkteur van die Montgomery Family Crisis Centre stel dit so: “It’s almost as though the men have to prove that they are abuse victims, in a way that we never expect women to have to do.” En met wie praat so 'n man oor sy probleem as hy weet niemand gaan hom glo nie?  

In Engeland is daar meer as 7 000 plekke van veiligheid vir vroue en net 20 vir mans met kinders. Dikwels verkies mans om nie na so 'n plek toe te gaan nie, want dan moet hy verhuis, ver weg van sy familie en/of werk. Een van die werkers by 'n plek van veiligheid vertel hulle kry gereeld oproepe van mans wat teen wil en dank in hulle karre moet slaap of wat tuis doodeenvoudig die abuse in stilte verduur omdat hulle nerens het om te gaan nie uit vrees dat niemand hulle sal glo nie.  

*Die amptelike definisie van gesinsgeweld is enige gedrag wat jou bedreig. Dit is ook geweld of abuse tussen partners of familielede, ongeag die geslag of seksualiteit. 

Dit sluit nie net fisiese geweld in nie, maar ook verbale abuse, dreigende gedrag, emosionele en sielkundige abuse, finansiele abuse, seksuele abuse, isolasie en false beskuldigings. 

Meer gedetaileerde inligting oor vorms van abuse kan gekry word by http://www.mankind.org.uk/typesdomesticabuse.html 

In Suid Afrika is die prentjie as volg:  

Van alle "minor assaults" wat in verhoudings voorkom, abuse vrouens hulle mans net soveel soos mans vrouens abuse.  In die geval van “severe assaults” was mans egter drie keer meer geneig om hulle vroulike maats te abuse.  

In die navorsing wat ek gedoen het, verwys die syfers  na “violence” en nie na “abuse” nie en daar is 'n groot verskil. “Violence” kan as volg gedefinieer word: 

An act carried out with the intention, or perceived intention, of causing physical injury or pain to another person.
 

Dit is dus iets heel anders as die definisie hier bo* wat alle vorms van domestic violence insluit.  

Kom ons onderskei verskillende grade van violence: 

Gering: Om iets te gooi na iemand, om die persoon te stamp, na hom te gryp, te klap of te slaan

Ernstig: Skop, byt, slaan met vuis, slaan met voorwerp, om die ander persoon stukkend te slaan, die persoon te dreig met 'n mes, geweer of enige ander dodelike wapen; om 'n mes, geweer of ander dodelike wapen te gebruik. 

In hierdie beskrywing word daar nie eens verwys na emosionele en sielkundige abuse nie – iets wat net so 'n groot effek soos fisiese geweld kan he. Die rede waarom die syfers wat hierbo gegee word nie emosionele of sielkundige abuse reflekteer nie, is waarskynlik as volg: die navorsing is hoofsaaklik gebaseer op syfers wat verkry is vanaf hospitale en die polisie. Dis waarheen mans (of vrouens) gaan wat so ernstig fisies aangerand is dat hulle behandeling nodig het of 'n klag wil gaan lê. Mense wat hulle besering as “te gering vir aanmelding” beskou, of wat emosioneel of sielkundig abuse word, hou die situasie dikwels geheim of gaan sien 'n sielkundige/psigiater/huisdokter. Hierdie syfers is baie moeiliker bekombaar. 

Verdere inligting is beskikbaar by http://www.mankind.org.uk/

(Lees die verhaal van 'n vrou wat vertel hoe sy haar man abuse hier)
 

 

 

0 Comments



Leave a Reply.

    Archives

    November 2014
    September 2014

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.