'n Vrou wat amper op straat sit want sy het 'n gewelddadige man ... 'n Vrou wat saam met 'n paar verwaarloosde kinders in 'n skuiling vir mishandelde vroue wegkruip ... Dis die beeld wat baie mense van gesinsgeweld (domestic violence) het.
Agter die skerms van baie welvarende gesinne speel daar egter tonele af wat enige tyd net so skrikwekkend is, maar wat anders lyk. Daar kleef binne die hoe klas gemeenskap 'n unieke stigma aan gesinsgeweld ("sulke dinge mag nie gebeur met mense soos ons nie") en hulle kry dit makliker reg om die omvang van geweld weg te steek agter hoe mure en 'n front van blink motors en "sukses".
Sedert September 2008 het die finansiele druk van die resessie sy tol geeis - gesinsgeweld kom drie keer meer dikwels voor wanneer 'n paartjie se geldsake begin sukkel en dit geld ook vir die meer welvarendes onder ons.
Dr Suzan Weitzman (skrywer van This Doesn't Happen to People Like Us ...")
het die Weitzman Centre in die VSA gestig om hulp te verleen aan vrouens wat slagoffers is van "hoe klas geweld".
Sy het sekere patrone waargeneem onder vrouens in hierdie kategorie: daar is dikwels nie (soos by "lae klas gesinsgeweld") "honeymoon tye" waar die abuser dinge probeer beter maak met geskenke en beloftes nie. Geweld in sulke huise is konstant van 'n hoe intensiteit. Vir die mishandelde party (dikwels die vrou), is die enigste oplossing om die geweld openbaar te maak, maar haar grootste vrees is dat niemand haar gaan glo nie ("Jy het dan so 'n sukesvolle man en julle het so 'n wonderlike lewensstyl!") En sy besef ook dat hy toegang het tot baie geld wanneer 'n egskeiding ter sprake sou kom. Weitzman vertel van gevalle waar sulke ryk mans in die VSA verskeie prokureurs en advokate aanstel sodat hy 'n goeie kans het om alleentoesig oor die kinders te kry. (In die VSA kry 70% van die abusers in 'n egskeiding volledige toesig waar daar voorheen aanklagte van gesinsgeweld teen hom/haar was).
Maar wanneer word gedrag as gewelddadig beskou?
Per definisie vind gesinsgeweld plaas wanneer een persoon in 'n intieme verhouding probeer om die ander persoon te domineer en te beheer. Die geweldenaar sal die persoon nie noodwendig fisies seermaak nie, maar hy/sy sal die ander persoon "straf" deur aandag of liefde van hom/haar te weerhou of te onttrek ("silent treatment"). In die Domestic Violence Act 116 van 1998, word gesinsgeweld gedefinieer as "fisiese geweld, seksuele geweld, emosionele, verbale, sielkundige geweld, ekonomiese geweld, intimidering, "harassment" en "stalking", om iemand se besittings te beskadig, iemand se huis binne te gaan sonder die persoon se toestemming (waar hulle nie in dieselfde huis woon nie), of enige ander beherende of gewelddadige gedrag teenoor die klaer waar die klaer geskaad word, of waar daar die moontlikheid is dat hy/sy geskaad kan word ten opsigte van sy/haar veiligheid, gesondheid of welsyn (wellbeing)." Dit kan ook insluit as een persoon in 'n intieme verhouding die ander persoon se bewegings deur die dag monitor, sy/haar e-posse of boodskappe monitor of hom/haar isoleer van ander mense.
Verlede jaar het Adjunk President Kgalema Motlanthe aangekondig dat 90% van Suid Afrikaanse vroue op een of ander stadium emosionele of fisiese geweld beleef.
Wereldwyd is gevind dat gedwonge rehabilitasie en voorligtingsprogramme
vir abusers nie werk nie. Abusers gebruik sulke programme dikwels as 'n vorm van manipulasie eerder as om te verander. Gesamentlike beradingsessies kan ook gevaarlik wees omdat dit die beheer van die een persoon oor die ander een kan vererger.
Indien jy mishandel word, mag jy nou vra: Dit is so 'n donker prentjie, wat kan 'n vrou doen wat in so 'n verhouding vasgevang is?
Jou gevoel van eiewaarde is dalk so laag, dat jy nie kan glo dit is moontlik om op jou eie, weg van die abuser, te funksioneer nie. Of dat jy iets konstruktief kan doen wat die situasie sal verbeter nie. Jy het dalk moed opgegee en gaan maar net van dag tot dag aan in die hoop dat 'n wonderwerk sal gebeur.
Die abuser doen alles in sy vermoe om jou te laat glo dat jy die oorsaak van die abuse is en dat jy niks werd is. En veral dat jy nie in staat is om sonder hom oor die weg te kom nie. Hy het jou dikwels geissoleer van ander mense en van hulpbronne. Ook laat hy jou glo dat die verhouding tussen julle net volgens sy terme sal werk.
Jou eerste stap sou wees om hulpbronne ("resources") in en om jou tot stand te bring. Met "in jou" bedoel ek dat jy innerlik sterker word. Jy moet deur sy strategie sien, naamlik dat hy op slim maniere manipuleer om beheer oor jou te behou, veral deur jou sleg oor jouself te laat voel en om jou skuldig te laat voel. Hy is m.a.w. besig om leuens te gebruik om jou binne sy mag te hou ("Geen man sal ooit weer in jou belangstel nie", "Jy sal nooit sonder my kan klaarkom nie", "Dis omdat jy so vet is dat ek jou so behandel", en ook dreigemente wat jou emosioneel of fisies onveilig laat voel.)
'n Man wat in 'n posisie is waar hy by die werk beheer oor ander mense uitoefen, dink dikwels dat hy dit ook by die huis met sy vrou moet/mag/kan doen. Dat dit sy reg as haar man is. Geen mens het die reg om 'n ander mens met minagting te behandel nie. Jy moet raaksien dat dit mishandeling is (kyk weer na die definisie hier bo). Selfs al gee hy vir jou 'n pragtige huis en alles wat jou hart begeer, selfs al doen hy ongelooflik baie vir jou, kan niks daarvoor vergoed dat hy so optree nie. Dikwels is daardie "ongelooflik baie" wat hy vir jou doen, ook 'n manier om jou afhanklik van hom te hou en dan weet hy hy het meer beheer oor jou. Wanneer jy verstaan dat dit alles 'n strategie is om beheer te he, kan jy die eerste klein treetjies begin neem om grense te stel. Eers gaan dit dalk net in jou kop wees waar daar verskuiwings plaasvind ...
Miskien is dit nodig dat jy op hierdie stadium vir terapie gaan (sonder hom) sodat jy jouself daarop kan voorberei om in die praktyk grense te stel en sodat jy die risiko's wat dit mag inhou kan bepaal - onthou hy gaan waarskynlik niks daarvan hou as jy skielik nie meer na sy pype dans nie. Jy sal moet bepaal hoe jy jouself en jou kinders teen sy moontlike reaksie kan beveilig.
Jy kan in terapie vir jouself uitwerk watter stappe (klein treetjies op 'n keer) jy kan neem om ook ander hulpbronne tot stand te bring. Daar is dikwels meer beskikbaar as wat mens dink ...
NEEM DEEL AAN 'N GESPREK OOR GESINSGEWELD:
*Was jy dalk in 'n situasie waar jy abuse is? Hoe het jy daaruit losgekom?
*Het jy dalk grootgeword in 'n huis waar abuse aan die orde van die dag was? Wat is die belangrikste lesse wat jy daaruit geleer het?
Gaan na kontak om jou boodskap te stuur.
Lees hier 'n resensie van Susan Weitzman se boek Not to People like Us: Hidden Abuse in Upscale Marriages en 'n resensie van As it is in Heaven, 'n fliek met gesinsgeweld as subtema.
Kry hier 'n skakel na Leslie Steiner se praatjie op TED talk.