CIZELLE LOUW - CLINICAL PSYCHOLOGIST PRETORIA
  • Home
  • About
    • About Cizelle Louw
    • First Session Info
    • News
    • FAQ
  • Contact
  • OPLEIDING
    • PREDIKANTE >
      • KIB
      • GETUIGSKRIFTE
      • CV
  • Therapy
    • Brainworking Recursive Therapy
    • Solution Focused Therapy
    • Teenagers
    • Adults
    • Couples
    • Phobias
    • Realise your Dreams
  • More
    • Archive >
      • Better Pain Control
      • Stress >
        • Stress Management
        • Stress is good?
      • Domestic Violence >
        • Warning Signs
        • Upper class Domestic Violence
        • I am the abuser
        • My wife is the abuser
      • Trichotillomania
      • Mini Habits
      • How are you?
    • Payments
    • Reviews
    • Testimonials
Picture
Picture
Dit was dalk baie verwarrend om van drie verskillende soorte terapie te lees wat in sekere opsigte so uiteenlopend klink. "Wat gaan met my in terapie gebeur?" vra jy jouself dalk af, en miskien selfs "Sjoe, dis darem baie inligting!"

Ek wil graag 'n opsomming gee van die basiese filosofie waarvolgens ek werk en hoe ek die verskillende soorte terapie met mekaar kombineer:

Die proses begin by die inligtingsvraelys wat jy vooraf, by die huis, invul. Ek e-pos dit vir jou sodra jy jou eerste afspraak maak. Daarin antwoord jy o.a. vrae oor jou verwagtinge vir terapie. Dan reeds kry ek 'n idee van waarheen JY op pad is. Dit is vir my van die grootste belang om daarby aan te sluit.

In daardie selfde vraelys kry ek ook 'n idee van jou sterk punte en jou vaardighede en ek begin 'n tentatiewe prentjie vorm van die mens saam met wie ek gaan werk. Jy vertel my dan ook in kort wat jou probleem is. Dit alles help my om vooraf 'n bietjie te begin dink oor wat moontlik vir jou kan werk in terapie EN (baie belangrik) of ek die regte persoon is om jou te help. Indien jou behoeftes beter deur 'n kollega aangespreek kan word, sal ek dalk reeds op daardie stadium aanbeveel dat jy iemand anders gaan sien, maar dit hang steeds van jou af of jy so 'n aanbeveling sal aanvaar of nie. 

In jou eerste sessie leer ek jou verder ken en nadat ons vir twee ure gesels het, gee ek terugvoer oor hoe ek die sessie beleef het en hoe ek dink ons die pad vorentoe moet aanpak. Maar ... ek vra ook vir jou hoe jy die sessie beleef het en wat jy dink oor jou terapie. Gaan ons werk met hipnoterapie? Of gaan ons van keer tot keer gesels en meer Solution Focused werk? Miskien is 'n kombinasie van al drie soorte terapie aangewese. Ons sal dan praat oor watter benadering(s) vir jou die voordeligste sal wees. Dis baie belangrik dat jy van die begin af deel sal wees van die besluitneming oor jou terapie. 

Dit kan byvoorbeeld wees dat jy kort termyn terapie verkies en dan werk ons vir jou 'n "pakket" uit waar ons binne 'n paar sessies sorg dat jy 'n spesifieke doelwit bereik. Dan kan jy dalk besluit om op 'n later stadium aandag aan ander doelwitte te gee. Of jy is miskien op 'n stadium in jou lewe waar jy graag aan 'n wyer verskeidenheid aspekte wil werk. Dan sorg ons dat jy binne 'n medium tydperk van omtrent 10 sessies daaraan aandag gee. Jou behoeftes en omstandighede gaan bepaal hoe ons jou terapie gaan beplan.

Wanneer jy my leer ken, gaan jy onder andere een ding agterkom: ek glo aan klein treetjies, ongeag die terapie wat ons gaan doen. Dit maak miskien nie sin nie, maar wanneer mens van die begin af klein, konstruktiewe treetjies in die rigting van jou doelwit gee, is dit ongelooflik hoeveel groei daar binne 'n relatiewe kort tyd kan kom.

Verder is my basiese filosofie dat mense kan groei. Veral binne 'n omgewing waar jou vaardighede, sterk punte en ondersteuningstruktuur ten volle benut word; binne 'n omgewing waar jy waardeer word vir die mens wat jy is.

Jy is welkom om my te kontak indien jy verdere vrae het.
Al my besonderhede is by kontak.


Cizelle Louw
Kliniese Sielkundige
24/09/2014 

Powered by Create your own unique website with customizable templates.