CIZELLE LOUW - CLINICAL PSYCHOLOGIST PRETORIA
  • Home
  • About
    • About Cizelle Louw
    • First Session Info
    • News
    • FAQ
  • Contact
  • OPLEIDING
    • PREDIKANTE >
      • KIB
      • GETUIGSKRIFTE
      • CV
  • Therapy
    • Brainworking Recursive Therapy
    • Solution Focused Therapy
    • Teenagers
    • Adults
    • Couples
    • Phobias
    • Realise your Dreams
  • More
    • Archive >
      • Better Pain Control
      • Stress >
        • Stress Management
        • Stress is good?
      • Domestic Violence >
        • Warning Signs
        • Upper class Domestic Violence
        • I am the abuser
        • My wife is the abuser
      • Trichotillomania
      • Mini Habits
      • How are you?
    • Payments
    • Reviews
    • Testimonials

'n beeldhouer se bietjies op 'n slag

2/20/2015

0 Comments

 
Kort nadat ek in Januarie die artikel oor mini-gewoontes op die webwerf geplaas het, het ek 'n nota op facebook van dr Nic Grobler, predikant en beeldhouer ontvang. Daarin sê hy dat die gewoonte om op 'n baie gereelde basis mini-tye aan sy kuns af te staan hom deur baie jare in staat gestel het om “in produksie” te bly, selfs (en veral) terwyl hy ook voltyds in ander beroepe gestaan het. Ek het toe vir hom 'n paar vrae gestuur wat hy so vriendelik was om te beantwoord:

 

CIZELLE: Nic, ek sal graag wil weet wat die minimum vereiste was wat jy aan jouself gestel het om te werk aan jou kuns. Was daar 'n daaglikse minimum tyd?

NIC: Beeldhou is deel van my lewe van kindsbeen af. Dis deel van my menswees om kreatief  besig te wees maar ek moes ‘n paar aanpassings maak sodat ek dit kon doen saam met die bediening in verskeie gemeentes en radiowerk, o.a. by Radiokansel.

 

As jy vra wat die minimum vereistes was, dan was dit om te onthou dat dit ‘n gawe is wat ek moet beoefen en nie tot niet laat gaan nie en om voortdurend iets nuuts te skep. Daarom het ek voortdurend  vir myself nuwe doelwitte gestel.  Wanneer ek geweet het ek moet kunswerke gereed hê vir ‘n uitstalling dan maak ek tyd daarvoor of dit vroeg of laat is. Dit is vir my ‘n roeping om Beeldhou met ‘n Boodskap te doen. Dit was nie altyd maklik nie en tyd was min, daarom het ek geleer om tussen-in tye te gebruik. Wanneer ek terugkom het van ‘n besoek of vergadering, is ek ateljee toe en dan kon en myself weer vir ‘n oomblik verloor in ‘n kunswerk. Jy kan nie vooruit ‘n  minimum  tyd vir elke dag stel nie want jy moet jou aanpas by jou omstandighede en situasie. Vraag is, is dit jou passie, geniet jy dit wat jy doen, want dan is daar ‘n innerlike dryfkrag wat jou elke beskikbare tydjie laat gebruik.  

 

CIZELLE: Hoe het jy dit reggekry om te skep in sulke klein "uitskot tydjies"? Het die onderbrekings jou nie gesteur in jou kreatiwiteit nie? 

NIC: Jy moet aanvaar daar is nie ‘n ander manier om dit te doen as met uitskot tye  nie en dit moet motiverend en nie de-motiverend wees om met uitskot tyd te werk nie. Jy moet jou kop regkry, dan waardeer jy uitskot tyd en sien jy daarna uit.   Dan ervaar jy ‘n wisselwerking en is dit weer motiverend vir jou ander werk. Eenvoudig gestel, dit bring balans en ek het ervaar dat as ek besig is om preek te maak het dit my laat uitsien om beeldhou te doen en as ek beeldhou doen het dit my laat uitsien na preek maak.

 

Wanneer 'n mens met uitskot tyd te werk, is een van jou grootste bates dat wanneer jy moet weggaan en terugkom, jy weer nuwe perspektief kry. As 'n mens te lank aanmekaar aan iets werk kan 'n mens maklik in detail vasgevang raak en die groter prentjie miskyk.

 

 

CIZELLE: Hoe produktief was jy in jou kuns?

NIC: Uit die aard van die saak sou ek baie meer kon gedoen het as ek net my kuns bedryf het, maar dit hang daarvan af of 'n mens ‘n “ook mens” of ‘n “of mens” is. Ek is ‘n “ook mens” wat floreer deur die een ding maar ook die ander te doen en nie net een of die ander nie. Die een ding stimuleer die ander.

 

CIZELLE: Het jy ook tye afgevat om net te fokus op jou kuns, of het jy alles gedoen in "mini-tye"?

NIC: Ek het beslis tye afgevat wat ek net op my kuns gefokus het . Daar kom ‘n oomblik wat dit nodig is om gefokus te werk en dan vra dit meer tyd en let wel dan hoef jy nie skuldig te voel nie.

 

CIZELLE: Wat se raad sal jy vir iemand gee wat baie min tyd het om iets kreatief aan te pak, wat net sal kan werk in "mini-tye"?

 NIC:

1. Neem ‘n doelbewuste besluit: ek gaan NOU begin en staan op en doen iets daaraan al is dit net vir 5 min .

2. Begin  met wat jy  tot jou beskikking het en moenie wag tot jy al die gereedskap en materiaal het nie. Met 5 brode en 2 vissies kan ‘n skare gevoed word.

3. Beplan om  daaraan te werk. Kyk na jou program en besluit waar kan jy tyd maak en maak tyd.  Ek en Marietjie het in ‘n gemeente waar ons baie besig was en by mekaar verby begin leef het, tyd uitgeblok op ‘n Donderdagmiddag om saam pottebakkery te gaan doen.

4.Geniet wat jy doen en aanvaar dat jy dit veral in mini tye doen.

5.Lees en besoek die internet daaroor en kyk wat ander doen en verryk jouself met kennis en nuwe tegnieke.

6. Aanvaar jy het beperkende omstandighede of werksplek en pas daarby aan. Jou werksplek moet so wees dat jy net die deur kan toetrek en later weer aangaan. Anders neem dit te veel tyd om elke keer eers weer op te ruim.

7. Kry jou nis of formaat waarin jy  gemaklik kan werk. Ek het my nismark gevind deur nie beitel of kapwerk te doen nie maar eerder modellering en te giet in brons.

8.Bepaal wat jy wil bereik met dit wat jy gaan aanpak en fokus daarop. Dit kan wees dat jy doodgewoon net iets wil doen wat jy kan geniet. Doen dit in elk geval met oorgawe

 

Mense kan gaan kyk op You tube Nic Grobler sculptor videos.

Google ook Branded worx, Southern Explorer en South African Artists.

Julle kan Nic ook skakel by 0834501663 of epos by nicjgrobler@gmail.com 


0 Comments

    Archives

    February 2015

    Author

    Write something about yourself. No need to be fancy, just an overview.

    Categories

    All

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.