My eerste afspraak by Cizelle was op 5 Februarie 2015. Dit was ook die begin van my mini-gewoonte.
Ek moes elke aand voor ek gaan slaap, een ding neerskryf wat gedurende die dag gebeur het, iets wat ek beskou as 'n teken van 'n wonderwerk - sonder om ‘n dag oor te slaan.
Ek het sommer daardie selfde aand weggespring.
Skryf is terapeuties vir my en omdat dit my droom is om eendag ‘n boek te skryf, het ek die opdrag geniet. En kan jy dit glo, dit stop toe nie net by een sinnetjie nie, ek skryf toe heelwat meer ...
Vandag besef ek, deur te skryf, kyk 'n mens met ander oë na wat elke dag gebeur. Hoekom sekere goed gebeur, is onverklaarbaar. Die Here se hand word egter duidelik deur klein dingetjies, hoe onbenullig dit ook mag wees.
Ek deel graag so ‘n ietsie van dit wat ek geskryf het en bevestig ook daarmee dat ons Hemelse Vader alomteenwoordig is.
5 Februarie
Oppad huis toe, na my afspraak met Cizelle, stop ek soos gewoonlik by die winkel. By die toonbank staan ek besluiteloos en wik en weeg of ek vir myself ‘n Magnum moet koop of nie. Dit is so duur, maar ek is so warm en so lus vir een.
Die pad huis toe is lank en die middag se gesprek neem al my gedagtes oor. Hoe gaan ek dit regkry, Here? Hoe gaan ek die skade herstel tussen my en my seun? Dit voel so groot en onmoontlik! Cizelle het so mooi gebid dat U my hart in U hande moet vashou. Asseblief Here, dit is vir eers al wat ek vra.
By die huis gekom, is my man angstig om met my te gesels, want hy weet hierdie besoek aan ‘n sielkundige is vir my ‘n eerste. Terwyl ons gesels, kom my seun in die vertrek en hy sien die gesmelte Magnum. Hy kyk aandagtig daarna en sit dit in die vrieskas. Ek kyk vir hom en in my gedagtes wonder ek by myself: Goeiste, hoe op aarde het ek van die Magnum vergeet? Nou het dit gesmelt en ek het dit nie eens kon eet nie en dit terwyl ek so lus was daarvoor!
Later die aand haal my seun die Magnum ewe rustig uit die vrieskas en eet dit in stilte. En toe vra hy: "So, wil ma vir my ietsie sê?"
Ja, net daar besef ek - nou is my kans. "Ek is jammer oor wat ek gisteraand vir jou gesê het. Ek was lelik en het dit nie regtig bedoel nie."
Hierdie was my eerste wonderwerkie. En ek het elke woord uit my hart bedoel.
Dit was die begin van ons pad na genesing - ‘n Magnum!