Wanneer ek terugblaai in my mini-gewoonte joernaal, is ek verstom om te sien hoeveel ek al geskryf het. In die begin het ek sommer bladsye vol geskryf, maar later het ek net hoogtepunte neergeskryf. Mens vergeet die goed wat jy wil vergeet. Ek weet dit al uit ondervinding.
Ek moet myself baie keer dwing om iets te skryf. Dit is net asof ek nie die krag het en die tyd kry om dit te doen nie. Maar as ek die dag se gebeure benader uit ‘n ander oogpunt en aan iets positiefs dink om te skryf, help dit om daardie klein dingetjies raak te sien wat 'n mens so maklik miskyk.
Daar het so baie in my persoonlike lewe en verhoudings gebeur die laaste paar dae waaroor ek geen beheer gehad het nie. Ek sit dan stil en wonder: hoekom gebeur sekere goed, so ongevraagd, so onbeplan en partykeer so “onnodig”. Iewers het ek gelees, “Life is 10% of what happens to you and 90% of how you respond to it.”
Die afgelope 2 weke is dit asof ek letterlik gedwing is om diep in my hart te beleef dat die Here lief is vir my. Hy beskerm my en hy hou ‘n wakende oog oor my. Hy gee my vrede wat ek nie kan beskryf nie. Sels al was ek vanaand weereens in ‘n situasie wat ek nie in woorde kan uitdruk nie. Ek het so gehuil, geskreeu en geruk in my binneste dat ek gesukkel het om my emosies regtig onder beheer te hou.
Verlede week en so ook vanaand, het daar dinge gebeur wat my eers verskriklik ontstel het en toe stomgeslaan het met die wete dat Iemand gehelp het en alles is oukei.
Kom ek begin by verlede Donderdagmiddag. Elke middag sluit ek my rekenaar in die kluis by die werk toe – dit is mos die veiligste plek. Donderdag het ek egter my rekenaar in die kas, op een van die rakke "weggesteek”, want die kluis was reeds gesluit.
Vrydagoggend toe ek by die werk arriveer, het ek dadelik besef iets is fout en ek was paniekerig en benoud. My hart het letterlik in my keel geklop en ek kon net bid. Ek werk nou al baie jare by dieselfde plek en het nog altyd heel veilig gevoel. Nooit, ooit het ek in my wildste drome gedink dat daar eendag ingebreek sal word en dat albei kluise met ‘n grinder oopgesny sal word nie.
En wil jy glo, die Here het gemaak dat die diewe nie my rekenaar daar op een van die rakke raak gesien het nie. Indien ek die vorige middag my rekenaar binne die kluis gebere het, dan was hy verseker gesteel. Dit was my klein (groot!) wonderwerkie vir die week.
Nou ja, hierdie week bring ek elke dag getrou die rekenaar huis toe. Dis mos die verstandige ding om te doen …
Presies 'n week later verloop die aand heel rustig. My seun is nogal spraaksaam en gesels heerlik saam oor diep dinge. Hy vertel hoe lief hy vir my is en hy gaan ‘n nuwe blaadjie omslaan en al sy dinge stop. Dit is al redelik laat toe ons besluit om te gaan slaap. Na ‘n lekker, stywe drukkie is ek kamer toe om te gaan inkruip.
In die kamer voel ek nog nie so vaak nie en besluit om 'n ietsie in my joernaal te skryf. Op die bed, met die boek op my skoot, verander ek van plan en besluit om dit liewers op my rekenaar te doen - dit sal soveel vinniger wees. Ek buk te af om my rekenaar uit die sak langs my bed te haal en besef dadelik: die rekenaar is nie daar nie! Hoe is dit moontlik? Ek was so seker ek het vanmiddag teruggekyk en my lessenaar was leeg!
Net toe hoor ek my kar se toeter buite. Eers dink ek dit is onmoontlik, maar loer deur die venster en JA, daar buite beweeg iets wat blink. Ek hardloop verby my seun se bed en roep na hom. Dit lyk asof iemand in die bed lê, maar ek kry geen antwoord nie. Sonder om te bekommer oor die feit dat ek vrou alleen uitgaan in die nag, met nagklere aan, hardloop ek uit en besef dit is my kar wat gesteel word.
Ek skreeu en sowaar ... ek kan my oë nie glo nie. My seun sit so ewe agter die stuurwiel. Hy is oppad iewers heen - die tyd van die nag en dit sonder ‘n lisensie. Hy was die heelaand so voorbeeldig, maar intussen het hy allerhande plannetjies in sy kop gehad.
Hy het so ewe deur die loop van die aand my rekenaar, asook my motorsleutels uit my sak gesteel. Die rekenaar het hy onder die passasiersitplek weggesteek.
HOEKOM? Ek kan dit net nie glo nie, nie na ‘n aand soos vanaand nie …
Waarom het dit so gebeur dat ek vanaand besluit het om te tik in plaas van te skryf? Dit het my gered van baie trane en baie ekstra werk. My werk is alles op hierdie simpel rekenaar.
Dankie Here vir U Hand in vanaand se gebeure! Die wonderwerk het my vanaand weereens die sekerheid gegee dat ek nie kan gaan lê nie. Ek moet moed hou en uithou.
Ek gaan die duiwel nie vatkans gee nie. Ek weet alles gebeur met 'n doel en My Hemelse Vader is in beheer. Hy sal my die vrede gee wat ek benodig om ook hierdie situasie te hanteer.
Hy beskerm ons almal. In hierdie geval tweeledig, want as my kind wel weggekom het daarmee, wil ek nie eens dink aan wat kon gebeur het nie.
Soos elke oggend, sal ek more opstaan met nuwe krag!